Dag 384 - Donker gedagtes Deel 1





Is almal mal? almal praat met hulle self in hulle eie koppe. Dit is eenvoudig, ons verklaar mense as mal as hulle die dinge wat hulle in hulle kop het as gedagtes en stemme hard uit spreek, die verskil is, meeste mense hou dit in en in geheim, maar nogsteed het almal dit, doen dit!

Ek weet nie wat almal om my dink nie, ek weet nie wat mense van praat nie met hulle self in hul eie kop van my of ander nie, ek meen ons moet nou kyk na die koerant berigte/stories van wat mense orals in die wêreld aanvang. 

Want dit gee vir ons a teken van wat binne in mense se koppe aangaan. As ons byvoorbeeld kyk na die dinge soos moor, en verkragting en hoe dit gebeur, die manier wat die dinge gebeur is waar ons kan sien wat aangaan in mense se koppe. 

Dit is skrikwekkend, meeste van die dinge gebeur binne families, dit gebeur deer mense wat ons ken, en al doen dit nie, die mense wat dit doen lyk nie soos monsters wat ons op TV en in films sien nie, dit is gewone mense wat soos ek en jy lyk, want dit is gewone mense wat dit doen, ons almal word in die selfde samelewing, so ons almal kry die selfde invloede, behalwe nou natuurlik as jou omgewing anders is, maar ek praat nou van die dinge wat almal tog die selfde het op n gemeenskaplike vlak soos flieks, rekenaar speletjies, TV en al die invloede, ek meen biljoene mense het toegang tot die Internet, en op die internet is ALLES wat n mens kan aan dink beskikbaar. 

Porno is een van die grootse invloed middels wat daar is vandag, dit was altyd n invloed, maar in vandag se tyd met die internet hoef mense nie meer winkel toe te gaan nie en dan n tydskrif te koop nie, waar daar toesig is as jy iets soos porno koop, die man aan die ander kant van die toonbank. Nou hoef mens net n spel fout te mak as jy op “google” iets intik en dan sien jy Porno. 

Nou het ons miljoene kinders met rekenaars en selfone en hulle almal het internet en hulle almal het baie goeie grafiese beskrywinge van alles en enige iets, en moet nie die volwassenes hier uit hou nie.
En al die dinge wat mens byvoorbeeld in porno sien en leer en inneem in mens se gedagtes in, word deel van ons, dit word deel van ons gedagtes, dit word nou deel van ons daaglikse lewe, dit is nie net meer op die rekenaar of die skerm nie, dit is nou soos n projector wat in ons kop speel, en prentjies vir ons wys en gedagtes skep in ons kop. 

Die selfde tel nou vir al die ander dinge ook, soos TV en rekenaar speletjies, dit het n definitiewe invloed op almal al die tyd, en hoe meer n mens slawe raak aan die dinge hoe meer sal mens begin op die dinge reageer en dit wil self toepas, nes n slaaf, doen dinge want iemand anders se jy moet doen, as jou kop prentjies en gedagtes in het wat kom van byvoorbeeld porno af, dan is dit nie joune nie, jy is a slaaf en jy self het toestemming gegee om n slaaf te wees aan dit, die selfde soos met speletjies met geweld, daai oomblik wat jy die besluit neem dat jy dit “laaik” daarvan hou, is jy nie meer die direktiewe persoon wat jou eie besluite neem nie. 

Ons voorbeelde wat ons van lees in die koerante is eenvoudig mense wat dit minder kan hanteer as die res van ons of mense wat dit oordoen , hulle het daai stap geneem en dit probeer n werklikheid te maak. Veral met arm mense, hulle het nie die Geld en die luuksheid nie soos die met geld om aanhoudend porno te kyk nie of rekenaar speletjies te speel nie of TV te kyk nie, en hulle sal byvoorbeeld een keer porno sien of n aksie film, en hulle sal op daai een punt vas hak en nie dit weer kan sien of herleef nie soos voorheen, en nou sal die by die punt uit kom waar hulle dit fisies eerder doen en uitlewe.

Al my voorbeelde is nie vir alle mense presies die selfde nie, dit is die algemene maniere van hoe dit moontlik is. 

Ons sal se, daai persoon is mal, hy glo hy kan met spoke praat of daai ou praat met homself hard uit, of kyk die mal ou, hou wil net almal aanval en vermoor, maar waar kom dit vandaan, en hoekom is ons so anders, is ons anders, nee ons is nie, al wat nodig is is daai een oomblik en ons knak, en dit wat binne ons is kom uit.

Die mensdom is almal ewe vokken mal, want as jy self eerlik is dan sal jy kan saam step, enige iemand wat n TV het en alles wat daarop verskyn en dit as normal sien, moet mal wees, en is n psigopaat.

to be continued.

Dag 383 – My weerstand om Afrikaans te Skryf





Ek vind dit baie moeilik om Afrikaans te skryf, ek weet dit vat net weer oefening, maar ek weet glad nie of ek my woorde reg gebruik nie en of ek dit in die regte volgorde skryf nie, want met engels weet ek maklik nou al hoe om te skryf, maar die verskil tussen engels en Afrikaans in terme van die volgorde wat n mens in skryf is anders, so dit voel asof ek dit direk vertaal.

Maar ek sien dat meer as die helfte van my probleem is te doen met self vertroue om net te skryf in Afrikaans. 

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie myself te vertrou nie wanneer ek skryf.

Ek vergewe myself dat ek myself toe gelaat het en aanvaar het om in myself te twyfel.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om te frees dat ek mag dalk verkeer skryf in Afrikaans.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om te frees wat ander van my sal dink as my Afrikaans nie ordentlik en leesbaar is nie.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om self-bewus te word van frees af, in plaas van om self bewus te word van die fyt dat ek moet net oefening in kry deer meer Afrikaans te lees en te skryf en weer eens te praat.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om myself minder te sien as Afrikaans en dus te frees om weer Afrikaans te begin praat en skryf.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om myself te oordeel vir hoe ek klink as ek Afrikaans praat en hoe ek Afrikaans skryf.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om myself terug te hou van Afrikaans af omdat ek n oordeling in my kop het van my verhouding teenoor Afrikaans.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om dit wat in my kop aangaan te glo en boe alles te sit in plaas van om te stop en asem te haal en prakties myself toepas om weer terug te kom met Afrikaans. 

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om dom te wees en my gedagtes te glo en te volg, wanneer my gedagtes duidelik op gemaakte dinge is in my kop en nie werklik is nie, aangesien ding wat werklik is kort werk en moeite en nie net sommer n goue gedagte nie.

ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om dit meer belangrik te maak wat ander dink van my inplaas van om myself die belang te maak en wat ek moet aan werk en daar by uitkom en ophou verskonings maak.

Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om as verskoning te lewe, waar ek my gedagtes my koning maak vir wat ek moes doen of kon doen inplaas van om dit te doen, want in plaas van is mos as jy werk moets ingesit het nes op n plaas waar jy n oes uit kry maar het nie en nou is die verskoning dit wat maak dat jy aan hongerte lui.

Dag 382 – Skool is Breinspoeling - die mensDOM





Mense dink hulle is slim, ek meen dit is mos hoekom daar n ding is soos skool, ons glo dat as ons skool toe gaan en ons maak dit deer skool, dan is ons slim, ons het nou papiere en dokumente wat vir ons vertel ons is slim. 

Maar die dom vraag is, wie besluit dit, wie het daai besluit geneem lank gelede dat as elke mens op aarde moet skool deer maak, dan is hy/sy slim?
Dan kom die tweede dom vraag, wie devok het besluit geneem op watter inligting kinders moet studeer en van weet om te kan se hulle is slim as hulle dit deer maak tot die einde van matriek.

Die derde dom vraag, hoekom is dit dat al die vakke op skool is NET in verband met al die tiepe werk wat buite kant die skool is, ek weet die normale antwoord sal wees, DUH! Want dank kan jy n werk kry na skool, maar dit is nie die antwoorde wat my vraag voor soek nie. Dink n bietjie verder.

Hier is n kind, hy/sy gaan skool toe en neem deel aan die skool sisteem, die skool sisteem is basies n Fabriek wat Kinders omskep in perfekte slawe, want die kinders gaan op skool net leer van die dinge wat hulle kan geld maak, want aan die einde van alle besighede of werk sit daar n klei  groepie mense wat moer baie geld maak, so die ryk groepie mense soek ander mense wat weet wat hulle doen, en dus kontroleer die ryk groepie mense wat kinders op skool moet leer en beskou as slim wees, sodat as die kinders skool verlaat, dan voel hulle trots dat hulle nou die perfekte slawe kan wees vir iemand anders wat baie geld gaan maak uit hulle uit. maar op die ou einde van die dag het die kinders rerig niks geleer nie, hulle het net papegaaie geword.

Skool is a Breinspoeling fabriek, waar kinders eintlik DOM gemaak word, en waar kinders hulle gesonde verstande  verloor, om vir hulle self te dink (common sense)want nou vertel die skool vir die kinders wat hulle moet glo, wat hulle moet beskou as slim wees, wat hulle moet sien as belangrik en nie, en ek meen vokken alles, die skole het soveel krag in al die opsigte, en die ryk elite mense wat die skole kontroleer maak seker dat al die dinge is gebruik teen die kinders om die perfekte slawe te skape, want ons almal is mos skape, ons volg die hordes, maak nie saak of dit van n hewel af is nie.

Ek wil net vir almal n nuwe perspektief gee om na dinge te kyk, want n nuwe perspektief is wat ons kort, ons moet nie buite kant die boks dink nie, ons moet ontslae word van die vokken boks, as mense vir jou se, dink buitekant die boks, dan moet jou eerste gedagte wees, nou hoekom hou jy dan nog vas aan die boks, die boks is ons KOP, en alles wat binnekant ons kop aangaan is die resultaat van breinspoeling, want alles in ons koppe is a spoeling van gedagtes en prentjies en fantasieë, wie de vok het daai gedagtes daar gesit, en daai prentjies, en daai verbeeldinge.

Kinders spandeer 12 jaar van hulle lewe op skool, dit is mos nou die beste hulpmiddel vir mense met geheime agendas om te doen wat hulle wil. 

Mense is en was nog nooit slim nie, ek gaan nou die “Obvious” oop maak, as die mens werklik slim was dan sou die wêreld nooit die probleme gesien het nie wat vandag bestaan, as die mens werklik slim was sou ons nie geld boe alles gesit het nie, as ons werklik slim was "al ooit", dan sou ons al lankal seker gemaak het elke mens/dier en plant is voorsien en dat al die regte van alle lewe na gekyk is en gelewe is, want n slim persoon sou maklik kon sien dat as ons dit nie doen nie, kan daar nie n aarde wees nie in die toekoms, want ons gaan mekaar en alles uit mekaar uit rug en verwoes, en net n dom mens soos die mensdom kan nie sien dat op die oomblik vermoor ons ons planeet nie, en dit is alles, elke een van ons se verantwoordelikheid, want ons is almal hier en ons doen dit alles reg nou in die oomblik, deer te glo wat en hoe ons dinge nou doen is normaal en die gewoon. 

Dit is nie, nuwe oplossings moet na gekyk word en ons moet in die lewens tyd van ons n nuwe wêreld sisteem stig, vir die verbetering van alle lewe op aarde, maar dit gaan nog n baie lang harde pad wees as niemand die waarheid sien nie, ons is verantwoordelik vir alles op aarde en ons is die enigste wesens wat dit kan verander en die oplossing wees, maar dit gaan benodig dat ons doen aan ander soos wat ons aan onsself gedoen wil hê.

hier is die eerste stap - Basic Income Guaranteed volg en neem deel, jy is verantwoordelik en dit kort jou deelname. maak die wêreld reg.

Dag 381 – Is ek n Organiese Robot, Afrikaans na Engels





Ek was gebore in n Afrikaanse Gesin en ek was groot gemaak in n Afrikaanse gemeenskap, ek het letterlik net Afrikaans gepraat vir agttien jaar lank van my lewe, toe trek ek Pietermaritzburg toe.
Ek het hier in Pietermaritzburg kom woon, ek woon al hier vir vyf en n halwe jaar lank, ek het in die eerste jaar Engels leer praat, ek het engels geken, maar nooit gebruik nie of gepraat nie, dit is mos alles deel van hoe Afrikaners hulle self sien, so trots en hard koppig, ons praat net Afrikaans, wel dit was ons verskoning om nie engels te praat nie in die engelse klas op skool, Ek het my Engels leer uitspreek deer van Amerikaners af te leer wat saam ons gewoon het.
Hier in Pietermaritzburg was meeste van die mense wat ek ken en geken het Engels, so ek het begin engels praat al die tyd, die hele tyd.
Na al die Jare is ek nou letterlik beter in engels as Afrikaans, ek is nou basies Engels, my Afrikaans is swak en ek ken niks groot woorde meer nie, my spelling is kak en hoe ek klink as ek Afrikaans praat is as of ek engels gebore is.
Ek sit nou soos wat ek die “blog” skryf met my Google vertaler oop langs my, om engels in te tik en dan te sien wat is die Afrikaanse woord.
NOU, ek is saam n Groep wat genome is “Desteni”, ek is die groep saam die groep al vir baie jare lank, Basies is Desteni waar mense na toe kom wat die waarheid soek in die lewe, vir mense wat reg is om die doeke van hulle oe af te haal en te sien wat die vok in die wêreld aangaan, en Desteni is waar Mense soos ek myself al vir jare lank, leer hoe die mens werk, dinge soos gedagtes en gevoelens en emosies en al die dinge wat ons binnekant ons het, wat ons net aanvaar as normaal en die gewoon.
Nou daai is n baie kort beskrywing, daar is nog baie wat by gelas kan word, byvoorbeeld, ons het n “portaal” – dit is n persoon wat haar liggaam kan verlaat en dan kan ander wesens in kom en praat/kommunikeer wat van die dimensies af kom.  Of soos baie mense dit leer ken het, wat van die hemel af kom.
En nie net mense nie kan deer die Portaal kom nie, ek meen enige iets kan deer die Portaal kom, want alles is Lewe, alles in die heelal is lewendig, as een liggaam. So enige iets kan deer kom en met ons kommunikeer/praat, nou ons is al Jare lank besig met navorsing deer die Portaal van alles wat bestaan en hoekom alles is soos dit is, en hoe dit alles gekom het tot waar dit is vandag. En hoe elke een van ons ewe en geluik verantwoordelik is vir alles.
Trug op die punt met wat ek wil deel hier met my taal en hoekom ek die portaal moes in bring vir n bietjie perspektief, want deer ons navorsing, met en sonder die portaal het ons uit gevind deer sekere wesens van die verlede te kontak en deer die mens se verstand “mind’ te bestudeer het ons gesien dat die mens is n organiese Robot - letterlik. dit is basies wat Onderhoud is, programmering.
 
Die mens is letterlik geprogrammeer soos n Robot, en dit is waar my punt in kom van hoe ek Afrikaans gepraat het my hele lewe lank en nou is ek skielik engels verby.
Dit is a kwessie van programmering – net soos wat ons n robot sal programmeer en dan doen/lewe  die robot dit, ek het vir agttien jaar lank net Afrikaans gepraat, tot my gedagtes was net Afrikaans, ek het alles as Afrikaans gedoen, my herinneringe en my toekomstige vooruitskattings en my basiese gedagtes was alles Afrikaans.
Dit het net vyf jaar geneem vir my om alles engels te maak, ek kan nie eers onthou die laste keer wat ek n Afrikaanse gedagte gehad het nie, ek praat tot engels in my kom, Afrikaans is weg.
So as iets soos dit moontlik is, dan bewys dit mos nou een ding vir my en vir almal wat in n gesonde verstand is, dat ons almal is gebreinspoel, ons is letterlik net geprogrammeer, deer dinge oor en oor te doen, deer ander wat dinge vir ons oor en oor vertel of wys of aandui of hoe ookal, en na n rukkie, sonder ons gewete daarvan raak dit ons gedagtes en dit raak ons gedrag en dit raak wie ons glo ons is of moet wees, mense vra my partykeer is ek Afrikaans of engels, ek antwoord ek is engels, dan eers na die tyd se ek sorry man ek is Afrikaans, ek het bietjie vergeet.
Nou dit is my eerste “blog” in Afrikaans.
Ek gaan meer Afrikaans skryf om my Afrikaans op te knap en dan soos wat ek weer my woorde skatting terug kry en op bou sal ek baie meer spesifiek wees in Afrikaans.  

Featured post

Victimization - Self-Forgiveness

    First realization/insight of the word. I forgive myself that I have NOT accepted and allowed myself to see and realize that the word VIC...