Dag 384 - Donker gedagtes Deel 1





Is almal mal? almal praat met hulle self in hulle eie koppe. Dit is eenvoudig, ons verklaar mense as mal as hulle die dinge wat hulle in hulle kop het as gedagtes en stemme hard uit spreek, die verskil is, meeste mense hou dit in en in geheim, maar nogsteed het almal dit, doen dit!

Ek weet nie wat almal om my dink nie, ek weet nie wat mense van praat nie met hulle self in hul eie kop van my of ander nie, ek meen ons moet nou kyk na die koerant berigte/stories van wat mense orals in die wêreld aanvang. 

Want dit gee vir ons a teken van wat binne in mense se koppe aangaan. As ons byvoorbeeld kyk na die dinge soos moor, en verkragting en hoe dit gebeur, die manier wat die dinge gebeur is waar ons kan sien wat aangaan in mense se koppe. 

Dit is skrikwekkend, meeste van die dinge gebeur binne families, dit gebeur deer mense wat ons ken, en al doen dit nie, die mense wat dit doen lyk nie soos monsters wat ons op TV en in films sien nie, dit is gewone mense wat soos ek en jy lyk, want dit is gewone mense wat dit doen, ons almal word in die selfde samelewing, so ons almal kry die selfde invloede, behalwe nou natuurlik as jou omgewing anders is, maar ek praat nou van die dinge wat almal tog die selfde het op n gemeenskaplike vlak soos flieks, rekenaar speletjies, TV en al die invloede, ek meen biljoene mense het toegang tot die Internet, en op die internet is ALLES wat n mens kan aan dink beskikbaar. 

Porno is een van die grootse invloed middels wat daar is vandag, dit was altyd n invloed, maar in vandag se tyd met die internet hoef mense nie meer winkel toe te gaan nie en dan n tydskrif te koop nie, waar daar toesig is as jy iets soos porno koop, die man aan die ander kant van die toonbank. Nou hoef mens net n spel fout te mak as jy op “google” iets intik en dan sien jy Porno. 

Nou het ons miljoene kinders met rekenaars en selfone en hulle almal het internet en hulle almal het baie goeie grafiese beskrywinge van alles en enige iets, en moet nie die volwassenes hier uit hou nie.
En al die dinge wat mens byvoorbeeld in porno sien en leer en inneem in mens se gedagtes in, word deel van ons, dit word deel van ons gedagtes, dit word nou deel van ons daaglikse lewe, dit is nie net meer op die rekenaar of die skerm nie, dit is nou soos n projector wat in ons kop speel, en prentjies vir ons wys en gedagtes skep in ons kop. 

Die selfde tel nou vir al die ander dinge ook, soos TV en rekenaar speletjies, dit het n definitiewe invloed op almal al die tyd, en hoe meer n mens slawe raak aan die dinge hoe meer sal mens begin op die dinge reageer en dit wil self toepas, nes n slaaf, doen dinge want iemand anders se jy moet doen, as jou kop prentjies en gedagtes in het wat kom van byvoorbeeld porno af, dan is dit nie joune nie, jy is a slaaf en jy self het toestemming gegee om n slaaf te wees aan dit, die selfde soos met speletjies met geweld, daai oomblik wat jy die besluit neem dat jy dit “laaik” daarvan hou, is jy nie meer die direktiewe persoon wat jou eie besluite neem nie. 

Ons voorbeelde wat ons van lees in die koerante is eenvoudig mense wat dit minder kan hanteer as die res van ons of mense wat dit oordoen , hulle het daai stap geneem en dit probeer n werklikheid te maak. Veral met arm mense, hulle het nie die Geld en die luuksheid nie soos die met geld om aanhoudend porno te kyk nie of rekenaar speletjies te speel nie of TV te kyk nie, en hulle sal byvoorbeeld een keer porno sien of n aksie film, en hulle sal op daai een punt vas hak en nie dit weer kan sien of herleef nie soos voorheen, en nou sal die by die punt uit kom waar hulle dit fisies eerder doen en uitlewe.

Al my voorbeelde is nie vir alle mense presies die selfde nie, dit is die algemene maniere van hoe dit moontlik is. 

Ons sal se, daai persoon is mal, hy glo hy kan met spoke praat of daai ou praat met homself hard uit, of kyk die mal ou, hou wil net almal aanval en vermoor, maar waar kom dit vandaan, en hoekom is ons so anders, is ons anders, nee ons is nie, al wat nodig is is daai een oomblik en ons knak, en dit wat binne ons is kom uit.

Die mensdom is almal ewe vokken mal, want as jy self eerlik is dan sal jy kan saam step, enige iemand wat n TV het en alles wat daarop verskyn en dit as normal sien, moet mal wees, en is n psigopaat.

to be continued.

No comments:

Post a Comment

Featured post

Victimization - Self-Forgiveness

    First realization/insight of the word. I forgive myself that I have NOT accepted and allowed myself to see and realize that the word VIC...