Dag 382 – Skool is Breinspoeling - die mensDOM





Mense dink hulle is slim, ek meen dit is mos hoekom daar n ding is soos skool, ons glo dat as ons skool toe gaan en ons maak dit deer skool, dan is ons slim, ons het nou papiere en dokumente wat vir ons vertel ons is slim. 

Maar die dom vraag is, wie besluit dit, wie het daai besluit geneem lank gelede dat as elke mens op aarde moet skool deer maak, dan is hy/sy slim?
Dan kom die tweede dom vraag, wie devok het besluit geneem op watter inligting kinders moet studeer en van weet om te kan se hulle is slim as hulle dit deer maak tot die einde van matriek.

Die derde dom vraag, hoekom is dit dat al die vakke op skool is NET in verband met al die tiepe werk wat buite kant die skool is, ek weet die normale antwoord sal wees, DUH! Want dank kan jy n werk kry na skool, maar dit is nie die antwoorde wat my vraag voor soek nie. Dink n bietjie verder.

Hier is n kind, hy/sy gaan skool toe en neem deel aan die skool sisteem, die skool sisteem is basies n Fabriek wat Kinders omskep in perfekte slawe, want die kinders gaan op skool net leer van die dinge wat hulle kan geld maak, want aan die einde van alle besighede of werk sit daar n klei  groepie mense wat moer baie geld maak, so die ryk groepie mense soek ander mense wat weet wat hulle doen, en dus kontroleer die ryk groepie mense wat kinders op skool moet leer en beskou as slim wees, sodat as die kinders skool verlaat, dan voel hulle trots dat hulle nou die perfekte slawe kan wees vir iemand anders wat baie geld gaan maak uit hulle uit. maar op die ou einde van die dag het die kinders rerig niks geleer nie, hulle het net papegaaie geword.

Skool is a Breinspoeling fabriek, waar kinders eintlik DOM gemaak word, en waar kinders hulle gesonde verstande  verloor, om vir hulle self te dink (common sense)want nou vertel die skool vir die kinders wat hulle moet glo, wat hulle moet beskou as slim wees, wat hulle moet sien as belangrik en nie, en ek meen vokken alles, die skole het soveel krag in al die opsigte, en die ryk elite mense wat die skole kontroleer maak seker dat al die dinge is gebruik teen die kinders om die perfekte slawe te skape, want ons almal is mos skape, ons volg die hordes, maak nie saak of dit van n hewel af is nie.

Ek wil net vir almal n nuwe perspektief gee om na dinge te kyk, want n nuwe perspektief is wat ons kort, ons moet nie buite kant die boks dink nie, ons moet ontslae word van die vokken boks, as mense vir jou se, dink buitekant die boks, dan moet jou eerste gedagte wees, nou hoekom hou jy dan nog vas aan die boks, die boks is ons KOP, en alles wat binnekant ons kop aangaan is die resultaat van breinspoeling, want alles in ons koppe is a spoeling van gedagtes en prentjies en fantasieë, wie de vok het daai gedagtes daar gesit, en daai prentjies, en daai verbeeldinge.

Kinders spandeer 12 jaar van hulle lewe op skool, dit is mos nou die beste hulpmiddel vir mense met geheime agendas om te doen wat hulle wil. 

Mense is en was nog nooit slim nie, ek gaan nou die “Obvious” oop maak, as die mens werklik slim was dan sou die wêreld nooit die probleme gesien het nie wat vandag bestaan, as die mens werklik slim was sou ons nie geld boe alles gesit het nie, as ons werklik slim was "al ooit", dan sou ons al lankal seker gemaak het elke mens/dier en plant is voorsien en dat al die regte van alle lewe na gekyk is en gelewe is, want n slim persoon sou maklik kon sien dat as ons dit nie doen nie, kan daar nie n aarde wees nie in die toekoms, want ons gaan mekaar en alles uit mekaar uit rug en verwoes, en net n dom mens soos die mensdom kan nie sien dat op die oomblik vermoor ons ons planeet nie, en dit is alles, elke een van ons se verantwoordelikheid, want ons is almal hier en ons doen dit alles reg nou in die oomblik, deer te glo wat en hoe ons dinge nou doen is normaal en die gewoon. 

Dit is nie, nuwe oplossings moet na gekyk word en ons moet in die lewens tyd van ons n nuwe wêreld sisteem stig, vir die verbetering van alle lewe op aarde, maar dit gaan nog n baie lang harde pad wees as niemand die waarheid sien nie, ons is verantwoordelik vir alles op aarde en ons is die enigste wesens wat dit kan verander en die oplossing wees, maar dit gaan benodig dat ons doen aan ander soos wat ons aan onsself gedoen wil hê.

hier is die eerste stap - Basic Income Guaranteed volg en neem deel, jy is verantwoordelik en dit kort jou deelname. maak die wêreld reg.

No comments:

Post a Comment

Featured post

Victimization - Self-Forgiveness

    First realization/insight of the word. I forgive myself that I have NOT accepted and allowed myself to see and realize that the word VIC...