Ek vind dit baie moeilik om Afrikaans te skryf, ek weet dit
vat net weer oefening, maar ek weet glad nie of ek my woorde reg gebruik nie en
of ek dit in die regte volgorde skryf nie, want met engels weet ek maklik nou
al hoe om te skryf, maar die verskil tussen engels en Afrikaans in terme van
die volgorde wat n mens in skryf is anders, so dit voel asof ek dit direk
vertaal.
Maar ek sien dat meer as die helfte van my probleem is te
doen met self vertroue om net te skryf in Afrikaans.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het om nie myself te vertrou nie wanneer ek skryf.
Ek vergewe myself dat ek myself toe gelaat het en aanvaar
het om in myself te twyfel.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om te frees dat ek mag dalk verkeer skryf in Afrikaans.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om te frees wat ander van my sal dink as my Afrikaans nie ordentlik en leesbaar
is nie.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om self-bewus te word van frees af, in plaas van om self bewus te word van die
fyt dat ek moet net oefening in kry deer meer Afrikaans te lees en te skryf
en weer eens te praat.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om myself minder te sien as Afrikaans en dus te frees om weer Afrikaans te
begin praat en skryf.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om myself te oordeel vir hoe ek klink as ek Afrikaans praat en hoe ek Afrikaans skryf.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om myself terug te hou van Afrikaans af omdat ek n oordeling in my kop het van
my verhouding teenoor Afrikaans.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om dit wat in my kop aangaan te glo en boe alles te sit in plaas van om te stop
en asem te haal en prakties myself toepas om weer terug te kom met Afrikaans.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om dom te wees en my gedagtes te glo en te volg, wanneer my gedagtes duidelik
op gemaakte dinge is in my kop en nie werklik is nie, aangesien ding wat
werklik is kort werk en moeite en nie net sommer n goue gedagte nie.
ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar het
om dit meer belangrik te maak wat ander dink van my inplaas van om myself die belang te maak en wat ek moet aan werk en daar by uitkom en ophou verskonings
maak.
Ek vergewe myself dat ek myself toegelaat het en aanvaar
het om as verskoning te lewe, waar ek my gedagtes my koning maak vir wat ek
moes doen of kon doen inplaas van om dit te doen, want in plaas van is mos as
jy werk moets ingesit het nes op n plaas waar jy n oes uit kry maar het nie en
nou is die verskoning dit wat maak dat jy aan hongerte lui.
No comments:
Post a Comment