Dag 381 – Is ek n Organiese Robot, Afrikaans na Engels





Ek was gebore in n Afrikaanse Gesin en ek was groot gemaak in n Afrikaanse gemeenskap, ek het letterlik net Afrikaans gepraat vir agttien jaar lank van my lewe, toe trek ek Pietermaritzburg toe.
Ek het hier in Pietermaritzburg kom woon, ek woon al hier vir vyf en n halwe jaar lank, ek het in die eerste jaar Engels leer praat, ek het engels geken, maar nooit gebruik nie of gepraat nie, dit is mos alles deel van hoe Afrikaners hulle self sien, so trots en hard koppig, ons praat net Afrikaans, wel dit was ons verskoning om nie engels te praat nie in die engelse klas op skool, Ek het my Engels leer uitspreek deer van Amerikaners af te leer wat saam ons gewoon het.
Hier in Pietermaritzburg was meeste van die mense wat ek ken en geken het Engels, so ek het begin engels praat al die tyd, die hele tyd.
Na al die Jare is ek nou letterlik beter in engels as Afrikaans, ek is nou basies Engels, my Afrikaans is swak en ek ken niks groot woorde meer nie, my spelling is kak en hoe ek klink as ek Afrikaans praat is as of ek engels gebore is.
Ek sit nou soos wat ek die “blog” skryf met my Google vertaler oop langs my, om engels in te tik en dan te sien wat is die Afrikaanse woord.
NOU, ek is saam n Groep wat genome is “Desteni”, ek is die groep saam die groep al vir baie jare lank, Basies is Desteni waar mense na toe kom wat die waarheid soek in die lewe, vir mense wat reg is om die doeke van hulle oe af te haal en te sien wat die vok in die wêreld aangaan, en Desteni is waar Mense soos ek myself al vir jare lank, leer hoe die mens werk, dinge soos gedagtes en gevoelens en emosies en al die dinge wat ons binnekant ons het, wat ons net aanvaar as normaal en die gewoon.
Nou daai is n baie kort beskrywing, daar is nog baie wat by gelas kan word, byvoorbeeld, ons het n “portaal” – dit is n persoon wat haar liggaam kan verlaat en dan kan ander wesens in kom en praat/kommunikeer wat van die dimensies af kom.  Of soos baie mense dit leer ken het, wat van die hemel af kom.
En nie net mense nie kan deer die Portaal kom nie, ek meen enige iets kan deer die Portaal kom, want alles is Lewe, alles in die heelal is lewendig, as een liggaam. So enige iets kan deer kom en met ons kommunikeer/praat, nou ons is al Jare lank besig met navorsing deer die Portaal van alles wat bestaan en hoekom alles is soos dit is, en hoe dit alles gekom het tot waar dit is vandag. En hoe elke een van ons ewe en geluik verantwoordelik is vir alles.
Trug op die punt met wat ek wil deel hier met my taal en hoekom ek die portaal moes in bring vir n bietjie perspektief, want deer ons navorsing, met en sonder die portaal het ons uit gevind deer sekere wesens van die verlede te kontak en deer die mens se verstand “mind’ te bestudeer het ons gesien dat die mens is n organiese Robot - letterlik. dit is basies wat Onderhoud is, programmering.
 
Die mens is letterlik geprogrammeer soos n Robot, en dit is waar my punt in kom van hoe ek Afrikaans gepraat het my hele lewe lank en nou is ek skielik engels verby.
Dit is a kwessie van programmering – net soos wat ons n robot sal programmeer en dan doen/lewe  die robot dit, ek het vir agttien jaar lank net Afrikaans gepraat, tot my gedagtes was net Afrikaans, ek het alles as Afrikaans gedoen, my herinneringe en my toekomstige vooruitskattings en my basiese gedagtes was alles Afrikaans.
Dit het net vyf jaar geneem vir my om alles engels te maak, ek kan nie eers onthou die laste keer wat ek n Afrikaanse gedagte gehad het nie, ek praat tot engels in my kom, Afrikaans is weg.
So as iets soos dit moontlik is, dan bewys dit mos nou een ding vir my en vir almal wat in n gesonde verstand is, dat ons almal is gebreinspoel, ons is letterlik net geprogrammeer, deer dinge oor en oor te doen, deer ander wat dinge vir ons oor en oor vertel of wys of aandui of hoe ookal, en na n rukkie, sonder ons gewete daarvan raak dit ons gedagtes en dit raak ons gedrag en dit raak wie ons glo ons is of moet wees, mense vra my partykeer is ek Afrikaans of engels, ek antwoord ek is engels, dan eers na die tyd se ek sorry man ek is Afrikaans, ek het bietjie vergeet.
Nou dit is my eerste “blog” in Afrikaans.
Ek gaan meer Afrikaans skryf om my Afrikaans op te knap en dan soos wat ek weer my woorde skatting terug kry en op bou sal ek baie meer spesifiek wees in Afrikaans.  

No comments:

Post a Comment

Featured post

Victimization - Self-Forgiveness

    First realization/insight of the word. I forgive myself that I have NOT accepted and allowed myself to see and realize that the word VIC...